Dokkies skyfskiet is weer deel van ons sportaktiwiteite na 26 jaar. Ons maak gebruik van die SAJWV se platform om deel te neem aan streek en nasionale skietkompetisies. Die hoogtepunt van die seisoen vind gewoonlik plaas in September tydens die Nasionale Kampioenskappe wanneer al 11 provinsies opdaag met die beste van die beste skuts in ons land. Dokkies spog met drie skuts wat verlede jaar die IGRF span behaal het.