Dokkies spog met ‘n Elite dansgroep wat tydens Revue gekies word en ook aan die SA-Kampioenskappe vir Uitvoerende
Kunste deelneem. Hierdie “spoggroep” het puik prestasies behaal hierdie jaar en verower 3 goue medaljes asook 1 silwer. Hulle kwalifiseer ook as deel van die SA span wat aan die wêreldkampioenskappe in Los Angeles, VSA deelneem.