Redenaars en debat gee geleenthede vir raakpraters om nuwe vaardighede aan te leer en dit bied ‘n platform vir leerders om hul opinie oor belangrike sake te lig. Debat en redenaars kweek ook selfvertroue om die toekoms aan te pak sonder om bang te wees om voor mense te praat. Dr. Malan neem jaarliks deel aan die ATKV-debat en redenaarskompe-tisies. Welbespraakte Dokkies sluit in Juvan Veldsman wat in 2017 die derde beste redenaar in Suid- Afrika was. Shelon Butler dring in 2018 deur na die landsfinaal van die ATKVredenaars. Verskeie Dokkies dring deur na die semifinale rondte van ATKV-debat en redenaars. Dokkiesprekers neem ook deel aan die jaarlikse radikaleredenaars . Dokkies is ook tans besig om hulle eie toernooi op die been te bring en dit beloof om baie opwindend te wees.