Hier in Dokkieland is ons deel van die MTB-familie, waar ons naweke deelneem aan vriendskaplike wedrenne deur die veld, water, modder, oor rotse en klippe. Ons neem ook aan “nightraces”deel waar ons met behulp van ‘n koplig deur die veld se uitdagings beur. Daar is avontuur-wedrenne wat sorg vir groot pret as die Dokkies se hele familie deelneem en saam, as span, draf en fietsry. Natuurlik word die beste vaardighede juis hier uitgelok. Dokkies vorm ook deel van die Spur-reeks, wat al so uitgebrei het dat daar 980 inskrywings per wedren is. Die reeks bestaan uit 5 wedrenne waar ons deelneem teen die res van die skole in Gauteng. Die wedren is vol uitdagings waar die mede-ryers mekaar help en motiveer om die beste tye te behaal.


Shadé Small was in 2019 verkies tot die Suid- Gautengspan en het ook in elke Spur-reeks wedren in die top 10 geïndig. Na afloop van die Spur-reeks, asook sekere vriendskaplike wedrenne, word daar ‘n Nasionale span gekies wat Suid-Afrika dan verteenwoordig.