Dokkiekoor bestaan al vir die afgelope 17 jaar. Ons neem jaarliks deel aan die Foyer Koorfees en het al saam met verskeie kunstenaars opgetree. Ons koor neem jaarliks deel aan die Kunsfeeste en het verlede jaar self ‘n A+++ behaal. ‘n Groot hoogtepunt is wanneer ons professioneel opgeneem word vir die revue klankbane. Slegs ‘n beperkte aantal koorlede word gekies
vir die opnamegroep, so word gou deel van ons koorfamilie. Dit is juis weer tyd vir revue volgende jaar.