Oorsig en Geskiedenis van Hoërskool Dr. Malan

Die skool is vernoem na ‘n voormalige Eerste Minister van Suid-Afrike en is op 7 Januarie 1953 as die Meyertonse Hoërskool geopen deur die destydse waarnemende hoof, Mnr. H.B. Kloppers. Die geboue was tydelikse asbesgeboue langs die spoorlyn ongeveer 1km noord van die stasie en die destydse padkamp. Die leerlingtal was 292. Toe Mnr. H.E. Senekal ‘n jaar later diens as hoof aanvaar, was die leerlingtal 318. Op 21 Junie 1955 is die skool herdoop tot Hoërskool Dr. Malan. Gedurende 1957 het Mnr. J.G.M. Visser as hoof waargeneem en met die aanstelling van die twede permanente hoof, Mnr. J.H.P. Ackerman in 1958 is ie hoeksteen van die nuwe sierlike gebou gelê deur die administrateur van Transvaal, Dr. W.M. Nicol. Die nuwe gebou is op 28 Julie 1959 en op 19 Maart 1960 amptelik ingewy deur S.G.J. van Niekerk, L.U.K. In 1962 word Mnr. A.J. Combrinck hoof (met leerlingtal 737) nadat Mnr. O.J. Oosthuizen in 1961 waargeneem het. In 1966 word Mnr. J.D.V. Terblanché hoof. Hy word opgevolg deur Mnre H.G. Pistorius, S.J. Strydom, J.E. Grobler, K. van den Bergh en A.P. Erasmus. Huidiglik is ons hoof Mnr. R. Briers.

Busramp – 28 Januarie 1970

Hierdie datum en dag sal altyd onthou word as ‘n tragiese, hartseer dag vir die ouers, gesinne, skole en die gemeenskap wat kinders aan die dood afgestaan het in die busramp wat in Henley-on-Klip plaasgevind het. Johan le Roux, ‘n leerder aan Dr. Malan, het sy lewe prys gegee op om ander leerders wat op die bus was, te red.

‘n Totaal van 23 leerders van die hoërskool is daardie dag oorlede.

Die Dokkies betoon eer aan elkeen wat deur hierdie ramp geraak is. Die VLR  lê elke jaar ‘n blommekrans op die gedenksteen.

——————————————————————
‘n Uittreksel uit die gedig JOHAN LE ROUX (Busramp), deur Dawie Louw is gepas op hierdie herdenking:
——————————————————————
wie sou ooit kon dink
dat jy getroue vriend so moes gaan
dat daardie korte busrit
die laaste rit sou wees van jou lewensbaan

die bus die trein als was verby
een enkel slag en dit was stil
tog sou jy in hierdie korte oomblik
red gee dis God se wil
jou kitaar het jou genot verskaf
musiek was soos voedsel vir jou oor
tog sou jy in daardie laaste tromslag
die eerste wees van sy soort wat jy sou hoor

ek wou so graag nog met jou praat
in benoudheid by jou staan

jou bedank vir vriendskap so opreg
my woorde het geword ‘n stille traan
jy het dit nie verwag getroue vriend
die lewe is verby
tog het God met daardie busrit
jou die Hemel in laat ry

Hoërskool Dr. Malan's photo.
Hoërskool Dr. Malan's photo.

Voormalige Hoofde