Hier in die wydste vlaktes,
By Kliprivier en Vaal,
verrys on Hoërskool Malan
waarby geen skool kan haal;
Hier boor die rook die bloute in,
gespierde arms smee die staal;
Hier word die toekoms vasgelê,
met rykdom van die grond gehaal.
Ons sal handhaaf ons sal bou,
met die wagwoord:”Wees Getrou!”
Ons sal handhaaf ons sal bou,
met die wagwoord:”Wees Getrou!”
Ons samel vlytig kennis,
werk dag na dag getrou;
En op die sportveld wil ons wen,
ons moeder net vir jou;
Die grote Doktor gaan ons voor;
hy wys presies waar ons moet delf,
Met wyse woorde: ‘Glo in God…
Ja, glo in God, jou Volk, jouself!’
Ons sal handhaaf ons sal bou,
met die wagwoord:”Wees Getrou!”
Ons sal handhaaf ons sal bou,
met die wagwoord:”Wees Getrou!”